Friday, November 8, 2013

                            KWARTAAL 4


Die kwartaal moes ons 'n reeks van 3 panele maak oor "die wereld deur die oe van.. " een van die volgende opsies: nagwag/karwag, kind, seevaarder, gevangene, filosoof, kunstenaar, dokter, aktivis, sielkundige of troeteldier.

Ons kon gebruik maak van enige soort paneel en enige tipe verf. ek het gebruik gemaak van akriel verf, 3 canvasse en my opsie was 'n KIND.

Die kind kom van slegte omstandighede. Sy woon alleen saam met haar ma. Hulle is arm en sy is verslaaf aan dwelms. Die 3 panele gaan oor haar huis (waarvan sy niks hou nie), hoe sy lyk/hoe sy haarself sien en hoe sy voel. 


In die huis-skildery kan mens sien hulle is arm en nie baie gellukige mense nie. Ek wou die gevoel van donker en koue afgee met die kleurgebruik.


MY REFERENCE:  

FINALE SKILDERY:



In die skildery wat gaan oor hoe sy lyk en haarself sien het ek gebruik gemaak van optise vermenging en komplimentere kleure, om die gevoel af te gee van sy weet nie wie sy is nie. Daar is klomp verskillende weergawes van haar soos al die verskillende kolletjies. Haar vel lyk ook amper skub-agtig. Soos 'n chameleon s'n. Daarmee het ek probeer se sy is soos 'n chameleon wat by haar omstandighede aanpas en nooit haarself is nie.

MY REFERENCE:


FINALE SKILDERY:



In die laaste skildery wat gaan oor hoe sy voel het ek takke gebruik om haar terug te trek. Sy voel vasgekeur. Sy is kaal om te wys sy is "vulnareble".


No comments:

Post a Comment