Friday, November 8, 2013

                       MY WORKSTATION










HAVE A LOOK THROUGH MY JOURNAL!



                            KWARTAAL 4


Die kwartaal moes ons 'n reeks van 3 panele maak oor "die wereld deur die oe van.. " een van die volgende opsies: nagwag/karwag, kind, seevaarder, gevangene, filosoof, kunstenaar, dokter, aktivis, sielkundige of troeteldier.

Ons kon gebruik maak van enige soort paneel en enige tipe verf. ek het gebruik gemaak van akriel verf, 3 canvasse en my opsie was 'n KIND.

Die kind kom van slegte omstandighede. Sy woon alleen saam met haar ma. Hulle is arm en sy is verslaaf aan dwelms. Die 3 panele gaan oor haar huis (waarvan sy niks hou nie), hoe sy lyk/hoe sy haarself sien en hoe sy voel. 


In die huis-skildery kan mens sien hulle is arm en nie baie gellukige mense nie. Ek wou die gevoel van donker en koue afgee met die kleurgebruik.


MY REFERENCE:  

FINALE SKILDERY:



In die skildery wat gaan oor hoe sy lyk en haarself sien het ek gebruik gemaak van optise vermenging en komplimentere kleure, om die gevoel af te gee van sy weet nie wie sy is nie. Daar is klomp verskillende weergawes van haar soos al die verskillende kolletjies. Haar vel lyk ook amper skub-agtig. Soos 'n chameleon s'n. Daarmee het ek probeer se sy is soos 'n chameleon wat by haar omstandighede aanpas en nooit haarself is nie.

MY REFERENCE:


FINALE SKILDERY:



In die laaste skildery wat gaan oor hoe sy voel het ek takke gebruik om haar terug te trek. Sy voel vasgekeur. Sy is kaal om te wys sy is "vulnareble".


                                                 TAAK





                              KWARTAAL 3


Vir die kwartaal moes ons 'n comic-storie skets. Die comic moes handel oor 'n dag by die skool. Maar daar moes ook iemand wees met superpowers. Myne het gegaan oor 'n interskole netbal wedstryd wat op 'n sudden death ge-eindig het omdat die telling gelyk was. Die verdediger van die span was die een met die superpower.. sy kon super ver strek. Die ander span het die bal gehad en as hulle 'n punt aangeteken het sou hulle verloor. Toe moes die verdiger 'n besluit maak; gaan sy toelaat dat die bal oor haar kop gaan? of gaan sy strek en die bal kry?

                                                                

                                                                           


 BEPLANNING


                                     TAAK







                              KWARTAAL 2


Die kwartaal moes ons 'n portret uit die renaissance(1400-1600) kies en dit op 'n canvas (30cm x 40cm) verf. Die medium wat ons gebruik is akriel verf en gebruik net primere kleure ( blou, rooi en geel) en wit.

Die portret waarop ek besluit het is 'n selfportret van Antonello da Massina (1430-1479).