Friday, November 8, 2013
KWARTAAL 4
Die kwartaal moes ons 'n reeks van 3 panele maak oor "die wereld deur die oe van.. " een van die volgende opsies: nagwag/karwag, kind, seevaarder, gevangene, filosoof, kunstenaar, dokter, aktivis, sielkundige of troeteldier.
Ons kon gebruik maak van enige soort paneel en enige tipe verf. ek het gebruik gemaak van akriel verf, 3 canvasse en my opsie was 'n KIND.
Die kind kom van slegte omstandighede. Sy woon alleen saam met haar ma. Hulle is arm en sy is verslaaf aan dwelms. Die 3 panele gaan oor haar huis (waarvan sy niks hou nie), hoe sy lyk/hoe sy haarself sien en hoe sy voel.
In die huis-skildery kan mens sien hulle is arm en nie baie gellukige mense nie. Ek wou die gevoel van donker en koue afgee met die kleurgebruik.
MY REFERENCE:
FINALE SKILDERY:
In die skildery wat gaan oor hoe sy lyk en haarself sien het ek gebruik gemaak van optise vermenging en komplimentere kleure, om die gevoel af te gee van sy weet nie wie sy is nie. Daar is klomp verskillende weergawes van haar soos al die verskillende kolletjies. Haar vel lyk ook amper skub-agtig. Soos 'n chameleon s'n. Daarmee het ek probeer se sy is soos 'n chameleon wat by haar omstandighede aanpas en nooit haarself is nie.
MY REFERENCE:
FINALE SKILDERY:
In die laaste skildery wat gaan oor hoe sy voel het ek takke gebruik om haar terug te trek. Sy voel vasgekeur. Sy is kaal om te wys sy is "vulnareble".
KWARTAAL 3
Vir die kwartaal moes ons 'n comic-storie skets. Die comic moes handel oor 'n dag by die skool. Maar daar moes ook iemand wees met superpowers. Myne het gegaan oor 'n interskole netbal wedstryd wat op 'n sudden death ge-eindig het omdat die telling gelyk was. Die verdediger van die span was die een met die superpower.. sy kon super ver strek. Die ander span het die bal gehad en as hulle 'n punt aangeteken het sou hulle verloor. Toe moes die verdiger 'n besluit maak; gaan sy toelaat dat die bal oor haar kop gaan? of gaan sy strek en die bal kry?
BEPLANNING
KWARTAAL 2
Die kwartaal moes ons 'n portret uit die renaissance(1400-1600) kies en dit op 'n canvas (30cm x 40cm) verf. Die medium wat ons gebruik is akriel verf en gebruik net primere kleure ( blou, rooi en geel) en wit.
Die portret waarop ek besluit het is 'n selfportret van Antonello da Massina (1430-1479).
TAAK
1) lig/donker kontras. die tipe kontras skep diepte en maak die skildery lewendig. ligte kleure tree terug waar donker kleure na vore beweeg.
2) komplimentere kleure. komplimentere is kleure wat oorkant mekaar op die kleur wiel le, nl. blou en oranje, geel en pers en groen en rooi. ek het groen en rooi gebruik.
3) warm/koel kleure. koue kleure beweeg terug en warm kleure tree na vore; dit skep 'n atmosferiese perspektief.
4) kleuruitbreiding. dis n uitbreiding van een kleur in al die kleur se verskillende "shades". ek het blou gebruik.
KWARTAAL 1
Vir ons eerste taak die jaar moes ons 'n skildery van een van ons gunstelling kunstenaars kies en 'n fragment daaruit kies om op 4 verskillende canvasse te verf.
Die doel van hierdie projek is om die uiteenlopende samewerking tussen KLEURE in 'n reeks van 4 skilderye te ondersoek.
Die grootte van die canvasse was 20cm x 20cm en die medium was akriel verf. Ons mag net gebruik maak van primere kleure, nl. blou, rooi en geel. En dan het ons wit ook gebruik
Frida Kahlo het op daardie tyd my aandag getrek en ek het geweet ek gaan een van haar skilderye kies.
Ek het toe die een gekies..
Subscribe to:
Posts (Atom)